Gratis om af te laai:
'n paar verhale deur Helene, laai gerus af...
Halfpad Kaap toe staan 'n huis - deur Helene De Kock.
"Die kaartjie op die pakkie lees: KYK NA JOU E-POS.
Sy sug, min lus vir speletjies. Sy gooi ‘n vinnige blik oor die kantoor, maar almal is druk besig voor hul rekenaarskerms.
Daar is inderdaad e-pos van ene X, en in die onderwerpveld: Lees, asseblief.”
Uit die boks - deur Helene De Kock.
"Hy is ’n ekonoom, en basta. Iemand sal vir hom werk móét gee!
Hy spel dit netjies vir Sanet uit: ’n Belegging hou ’n bepaalde tyd.
Dan begin dit sigself verteer.”
Die Uitnodiging - deur Helene De Kock.
"Sou Roald al haar briefie ontsyfer het? Skielike, en dan nog ietwat mistieke nuus, is nie juis sy forte nie. Hy hou niks van verrassings nie.
Symoet hom altyd vooraf inlig oor dinge sodat hy daaroor kan dink.”
Die Trouklip - deur Helene De Kock.
"Maar nog voor ek kon praat en dalk ‘n bom laat bars, sê Henk:
Dis ‘n vrek swaar klip daai. Bring hom maar... En hy leun oor en soen my
liefdevol in my nek.”
Om rond te tas - deur Helene de Kock.
"Waar Janet voor die ruitjiesvenster van die ouwêreldse hotelkamer sit,
kyk sy uit oor die eeue oue kerkhof se skewe grafstene. Sy het vir die kamer
met die beste uitsig gevra. “The four poster room,” het die ontvangsdame
gesê, “has a magnificent view over the churchyard.”